GUSTAV DE VRIES PROKUREURS INGELYF vredendal attorneys
Ontmoet die span


Gustav de Vries
​
Direkteur
Kwalifikasie: LLB (UNISA)
​
E-Pos: gdv@gdvlaw.co.za
​
Agtergrond:
Gustav het sy graad verwerf in 2007 en is toegelaat as prokureur met Reg van Verskyning in die Hooggeregshof in 2009.
​
Hy het sedertdien as sulks gepraktiseer, behalwe vir 'n periode tussen 2010 en 2015, waartydens hy as Streekhofaanklaer gewerk het vir die Nasionale Vervolgingsgesag.
​
In 2015 het hy die firma gestig.
​
Gustav spesialiseer in kommersiële reg, kontrakte, algemene litigasie, familiereg en strafwerk,
Adéle de Vries
Direkteur​
Kwalifikasie: LLB (UNISA)
​
E-Pos: admin@gdvlaw.co.za
​
Agtergrond:
Adéle was betrokke by die firma vandat dit gestig was; aanvanklik as klerk en kantoorbestuurderes. Gedurende 2016 het sy ingeskryf vir LLB by UNISA en het sy beide voltyds gewerk én voltyds geswot. Sy het die graad in 4 jaar voltooi terwyl sy gewerk het as kandidaatprokureur.
Sy het haar LLB graad in 2019 bekom en is gedurende 2021 toegelaat as prokureur.
​
Vanaf 2024 is sy 'n direkteur van die firma. Sy praktiseer hoofsaaklik in familiereg en invorderings en hanteer die firma se korresponente opdragte.
​

Renate van der Merwe
Prokureur​
Kwalifikasie: LLB (UNISA)
​
E-Pos: renate@gdvlaw.co.za
​
Agtergrond:
Gedurende 2012 het Renate haar LLB graad ontvang en was sy toegelaat as prokureur.
​
Sy het as assosiaat aangesluit by ons firma aan die begin van 2020. Voorheen het sy praktiseer as direkteur by Jordaan & Mans te Kuruman.
​
Renate is 'n aktebesorger en spesialiseer in testamente, boedels en arbeidsreg.

Erica van der Merwe
Prokureur​
​
Kwalifikasie: LLB (UNISA)
E-Pos: erica@gdvlaw.co.za
​
Agtergrond:
Erica is gedurende 2021 toegelaat as prokureur, nadat sy haar LLB graag in 2019 bekom het.
​
Sy het by ons firma aangesluit as kandidaat prokureur in 2018.
​
Erica praktiseer in algemene litigasie, strafwerk en kontrakte.
​

Isabel Fourie
Ontvangs